Please choose which testimonies you would like to see: CRISIS LINE, TRIP MONITORING, IDENTIFICATION.
CRISIS LINE
"Everyone's crisis is unique. His/Her crisis is at that stage seen as the biggest crisis in the world. When in panic you cannot think clearly. It is then when you need the support of professionals. Thank you that you were there when we needed you." - Annelie van Zyl
HUISROOF
Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Emmanuel van CrisisOnCall te bedank vir sy hulp nadat ons op 6 Julie 2010 in die huis beroof is terwyl ons geslaap het. My man het wakker geword en toe sien hy 'n man in ons slaapkamerdeur staan. Hy het opgevlieg en die persoon agternagesit maar kon hom nie vang nie. Hy het egter genoeg tyd gehad om van ons besittings soos my man se beursie te neem. Ek het CrisisOnCall geskakel en Emmanuel het my gehelp om dadelik met die SAPD by 10111 te praat. Hy het ons ook gehelp om my man se bankkaart wat gesteel is te stop.
Ek was baie getraumatiseerd maar Emmanuel was heeltyd kalm en het aangehou totdat alles afgehandel was. As dit nie vir CrisisOnCall was nie het ek dalk nou nog vir die polisie gewag.
Weer eens baie dankie aan Emmanuel en CrisisOnCall.
Chrissie Pretorius
HOUSE ATTACK
In the early morning of 3 November 2002 three burglars entered Johan Smit’s house. They shot him 3 times after leaving the house with a wounded companion.
Johan’s wife called CrisisOnCall. The case manager called the neighbours to inform them of the incident. The one neighbour, a retired sister went to support Johan. She was so shocked that she could not apply the necessary first aid. A paramedic telephonically informed her how to deal with the injured till the paramedics of a nearby private service provider arrived in minutes. The SAPS arrived shortly after the medical services. Although they launched a manhunt nobody was found. The only trail was blood spots of the wounded companion.
Johan was rushed to the nearest hospital where he underwent surgery.
Due to the fact that CrisisOnCall new of the injured companion, they contacted all surrounding trauma units to report to the call centre all suspicious patients entering the unit.
Approximately an hour later a trauma unit called with a suspect been shot in the shoulder. CrisisOnCall phoned the SAPS and Johan’s wife. She described the intruder and two suspects were arrested shortly after the call.
ENGLISH
ROBBED AND STRANDED FAR FROM HOME
“My sister and I were travelling from Ermelo to Pretoria on the 28th June 2009. At about 8pm that evening we stopped at Ultra City in Middleburg. We took blankets from the boot and both of us were busy covering the rear seat for my son. During this time a thief grabbed our handbag with all our personal belongings and drove off in their car. I immediately phoned CrisisOnCall for assistance from a borrowed phone. I spoke to Melvin there. He continuously reassured and supported us and suggested all the practical things that were necessary. He assisted us to immediately make contact with our banks to stop our cards. He also assisted us to block our cell phone cards via the cell phone companies. He also connected us to the police. Melvin arranged emergency petrol for us to return to Pretoria, as well as toll gate money. He then assisted us with trip monitoring until we reached Pretoria, and arranged for a Lock Smith to open my sister’s house and to change the locks. (He also arrange that we pay for this service only the next day)
The following morning he phoned just before going off duty to check that everything was alright, and to ask if there were anything ells he could still help us with. In the meantime our handbag was found in Middleburg.
Melvin phoned us today on 1 July 2009 to ask if we were able to sort everything else out following such a traumatic experience, and was equally relieved to hear that the handbag and our possessions had been recovered. I just want to say that had it not been for Melvin and CrisisOnCall on Sunday I don’t know how things would have worked out. What began as a crisis ended as a blessing in our lives. We are unbelievably grateful to CrisisOnCall and their professional staff. We would just like firstly to thank the Lord that He assisted us in so many ways, hearing our prayers, and putting people across our path with such a big open heart as Melvin. I am so glad I joined CrisisOnCall.” – Corne Griffiths.
AFRIKAANSGEROOF EN GESTRAND VER VAN DIE HUIS
“Ek en my suster het Sondag 28 Junie 2009 vanaf Ermelo na Pretoria gereis. So teen agtuur die aand het ons by die Ultra City in Middelburg gestop. Ons het komberse uit die kattebak gehaal en ons altwee was besig op die agterste sitplek om my seuntjie toe te maak. In hierdie tyd het ‘n skelm ons handsak gegryp met al ons goed in en in hul kar weg gejaag.
Ek het dadelik CrisisOnCall van ‘n geleende foon gebel om ons te assisteer. Ek het daar met Melvin gepraat. Hy het ons die hele tyd gerus gestel en al die praktiese dinge wat ons moes doen voorgestel. Hy het ons gehelp om dadelik met ons banke in verbinding te tree om ons kaarte te stop. Ook met die selfoon maatskappy om ons sim kaarte te blok. Hy het ons ook met die polisie gekoppel. Melvin het vir ons nood petrol gereël sodat ons terug in Pretoria kon kom sowel as tolhek geld. Van daar af het hy met ons reismonitering gedoen tot in Pretoria waar hy ons gehelp het met ‘n Sleutelmaker om my sussie se huis oop te kry en ander slotte aan te sit. Hy het ook gereël dat ons die sleutelmaker die volgende dag kan betaal. Die volgende oggend het hy ons gebel net voordat hy van diens af gegaan het om uit te vind of als nog reg is met ons en of hy ons met enige iets kan help. In die tussentyd is ons handsak opgespoor in Middelburg. Melvin het vandag 01 Julie 2009 ons gebel om te hoor of ons al reg gekom het met al die ander reëlings wat volg op so ‘n traumatiese gebeurtenis en was saam met ons gevul met verligting om te hoor dat ons handsak met ons besittings opgespoor is.
Ek wil net sê dat as dit nie vir Melvin en CrisisOnCall was Sondag nie weet ek nie hoe ons dinge sou kon uitwerk nie. Wat toe begin het as ‘n krisis het geëindig as ‘n seëning op ons lewens. Ons is ongelooflik dankbaar teenoor CrisisOnCall en hulle baie professionele staf. Ons wil ook net eerstens ons dank uitspreek vir die Here dat Hy op allerhande ander maniere ons gebede verhoor en mense so op ons pad sit wat so ‘n groot ruim hart het soos Melvin. Ek is baie bly ek het aangesluit by CrisisOnCall.”- Corne Griffiths
GEKAAP EN IN VOERTUIG KATTEBAK GEGOOI
Lee-Anne Cotton is die aand van 6 Mei 2004 in Pinetown gekaap nadat sy by 'n autoteller geld getrek het. Die kapers het haar in die voertuig se kattebak gegooi. Sy kon ’n sms na ’n vriend stuur wat CrisisOnCall van die kaping inkennis gestel het. Binne 10 minute was een van CrisisOnCall se beraders telefonies met Lee-Anne in verbinding terwyl die soek netwerk geaktiveer is. Teen 23:30 die aand is sy te Durban-Noord, danksy die CrisisOnCall sisteem, uit haar voertuig se kattebak bevry. CrisisOnCall het die hele tyd telefonies met haar in verbinding gebly. – Berig ook in Beeld van 13 Mei 2004.
SLANG SE KIND IN BLIKKIE!
In ons kombuis is daar skielik 'n baie snaakse lawaai. By nadere ondersoek sien ek 'n slang se kop wat "vassit" binne in 'n leë koeldrank blikkie. Wat nou gemaak? Ek en my vrou hou nie van slange nie en ons kinders is klein. Hierdie situasie kan gevaarlik raak.
Ek bel CrisisOnCall. Ons word dadelik gerus gestel en die mense van die slangpark so 5 km van ons is vinnig daar. Nou kyk, ek het nie eers aan hulle gedink nie. Hulle het vinnig die slang gevang en bevry.
Die slang is saam geneem want dit is blykbaar ‘n taamlike skaars soort. Geen probleem daarmee nie. Ons huis is slang vry en dit is wat tel. Dankie vir CrisisOnCall wat ons nie net gehelp het nie maar ook gebel het terwyl slang se kind in ons kombuis “gekuier” het. – Rick Esterhuyzen
HULP MET BRANDWEER
‘n Tydjie gelede was daar ‘n brand binne die erf van Christo (lid) in Alberton. Die Wendy-hut het begin vlamvat en die wind het die vuur vinnig aangejaag na die grasdak lapa.
Na vele oproepe na die Alberton Brandweerdiens het geen hulp van hulle gekom nie. Kan nie die adres kry nie?!!
Ons het toe CrisisOnCall se hulp ingeroep. Die noodbystanddiens het in telefoonverbinding gebly en die brandweer help rigting kry, en voordat die vuur verder skade kon aanrig was hulp daar. Baie dankie CrisisOnCall!” - Ria Müller
INTRUDERS IN HOME
Around 22:15 (16 Jan 2007) one of our members and her family were attacked by intruders in her home in Wingate Park, Pretoria. The women ran to the bathroom and phoned CrisisOnCall. Upon answering the call, CrisisOnCall could hear a voice in the background asking: “what are you doing” The call was terminated immediately thereafter. This was sufficient. CrisisOnCall could locate the address and immediately sent the flying squad as well as the security company to the scene. The neighbours were also informed. The son of the neighbour, a formidable hunter, injured one of the intruders fatally.
CrisisOnCall managed the situation holistically and made sure that the necessary services were on the scene. In this particular case 48 calls were made within the first hour. Two case managers from CrisisOnCall (Vianta and Eddie) managed the case in association with the medical department. (Paramedics at CrisisOnCall were involved since a message that someone was shot was received from the scene.) At that stage it was still not clear who was shot.
Trauma counselling was done with the family on a regular basis.
This is a classic example of how CrisisOnCall’s crisis line assists during an emergency.
WE HELP THE DISABLED
“Both my husband and I are disabled. We live alone in a house in Krugersdorp. Just after 3am in the morning we were awakened to hear someone breaking into the house. I only know one number. CrisisOnCall. I just began to talk and someone grabbed the phone out of my hand. Shortly afterwards our landline rang. We could not answer while three men were demanding that we give them the keys to the safe, and hit my husband. I suddenly saw the reflections of blue lights. When we looked again we saw police with us and heard lots of shouting. What happened next I can’t tell you, everything happened very fast. A paramedic was also with us and took us to hospital.
CrisisOnCall ’s people also phoned us and are still giving us counselling.
Thank you everybody. CrisisOnCall is just the very best!” Estie en Fanie Weideman.
HULP MET POLISIE
“Vanoggend 5 oor 2 het ek wakker geword van ‘n flitslig wat in my oë geskyn word. Ek sit toe my kamer se lig aan en sien hoe vier bruin vingers my gordyne weg trek en weereens in my gesig flits. Ek het vinnig opgespring, my selfone gegryp en is uit my kamer uit.
Ek het CrisisOnCall gebel en hulle het my deurgesit na Silverton polisie stasie toe. Binne 3 minute was die polisie daar en ons huis is beveilig.
Drie huise om ons se honde is vergiftig vanoggend so hulle is regtig van plan om iets daar te doen.
Baie dankie vir die hulp wat ons ontvang het.”
Christa Lottering (Brief verkort)
VREEMDE MAN IN TUIN
Op Donderdag 17 Jan 2008 so by 15:15 – 15:30 het ek ‘n vreemde man in ons tuin gewaar. Ek en my dogter was alleen tuis. Nadat ek 10111 gebel het en moes hoor hulle het nie ‘n voertuig nie, het ek CrisisOnCall gebel. Ek was redelik histeries, en kon nie eers my lidnommer gee nie. Die man wat my gehelp het, het onmiddellik aksie geneem, my gevra of ons veilig is en gesê hy gaan my binne minute terugskakel. Na ‘n paar minute het hy geskakel om te hoor of ons okay is, en my moed in te praat om kalm te bly – hy het heeltyd rustig met my gepraat. Die SAPS was toe reeds by ons huis. Later het hy weer geskakel om te hoor of alles okay is, en of ons enige trauma hulp nodig het. Watter verligting om te weet ek kan in enige situasie vir CrisisOnCall skakel en daar is iemand wat ons kan help.”
Baie Dankie
Debbie Kok
WHEN YOU ARE TOTALLY LOST CRISISONCALL WILL COME TO THE RESQUE
“I would like to express my sincere gratitude to the organization CrisisOnCall for the recent support I received from them while travelling. I was a woman travelling alone on 10 November 2008 on the route from Nelspruit to Bloemfontein. Near the airport I accidentally took the wrong freeway. I realised when in Johannesburg, that I was completely lost. I called on CrisisOnCall for assistance. The staff reassured me, monitoring me by cell phone. Three staff members together as a team quickly figured out exactly where I was.
They continuously told me which direction to go, and which streets to follow. It took quite a while, and they supported me continuously. Later on I became quite anxious. When I arrived at a relatively safe area, the staff recommended that I just stop and relax. They offered to send a staff member to me with a vehicle. The person identified himself in a friendly way and suggested I follow him in my car. He drove in front of me as far as the N1. From there I knew the correct route to follow to get to Bloemfontein.
After that they still phoned me often until I arrived in Bloemfontein late at night. Once again, thank you to everyone from CrisisOnCall who was on duty on 10 November. Without your professional support I doubt that I would ever have found my way. I am so grateful for your organization. It is so reassuring because I am often alone on the road. An organization like this is absolutely essential in South Africa.” – Marie Jacobs.
(CrisisOnCall arranged for one of our contracted-in tow-in services to lead her – Marius Vermaak.)
ACCIDENT WITH NO INJURIES
“Herewith a word of thanks for the speedy service which CrisisOnCall offered me on Friday 11th January, 2008. We were returning from our holiday in Jefferies Bay. The accident occurred about 4 km before Janesville on the R75. It is a very narrow road and the road over the bridge is even narrower. Our caravan’s left wheel hit the kerbstone of the bridge and what can I say? Fortunately no-one was injured. CrisisOnCall monitored us and with the quick action of Deon, he was able to get us immediate help in Graaf-Reinet. The service was outstanding. Our sincere thanks. –Frik en Marietha Dippenaar
DAAR IS ALTYD HULP
“Ek moet eerstens noem dat ek baie “impressed” was met die diens en hulp van CrisisOnCall. My voertuig was geparkeer onder ’n lapa buite Tzaneen toe die lapa op die voertuig geval het tydens swaar reën. Ek het CrisisOnCall geskakel en hul hulp versoek. Die eerste wat die persoon by die sentrum wou weet is of daar iemand seer- gekry het. Nadat ek die probleem aan haar verduidelik het, het sy onderneem om vinnig terug te skakel.
Minder as 10 minute later het sy my geskakel en gesê Wynand van Sansuzi is oppad om te help. Sy het selfs Wynand en die voertuig waarin hy ry aan my beskryf. Net nadat hy gestop het, is hy deur CrisisOnCall geskakel om vas te stel of hy op die toneel is en of daar enige verdere hulp benodig word. LITA FOURIE
WEG VAN DIE HUIS- WAAR KRY EK DIE POLISIE?
“Ek het die volgende dankbare verhaal te vertel. My dogter is deur my lidmaatskap ook by CrisisOnCall ingeskakel. Sy was in Bloemfontein toe sy verlede maand een oggend by haar motor kom net om te bevind dat iemand deur die nag haar motorradio gesteel het. Hoe nou gemaak? Waar begin sy soek na die naaste Polisie kantoor? Skielik onthou sy dat sy lid is van CrisisOnCall en skakel dadelik. Die operateur sê hy sal sorg en 5 minute later is sy op die lyn met die plaaslike SAPD. Nog 5 minute later stop hulle by haar! Sy skakel my kort daarna, maar voor ek ontsteld kan raak sê sy dis net om baie dankie te sê dat ons by CrisisOnCall ingeskakel is - dit werk uitstekend!” Jan Malan – Streetsafe.
HULP WANNEER JOU DIERE BLOEI
Ek bly op ’n plot net buite Pretoria teen die berg en ons het wildediere, slange en sommer baie ander goggas. So paar dae terug op n Vrydag, teen middernag, raak my honde simpel hulle blaf en gaan te kere asof hulle iets groot gevang het. Nou ja wat maak jy as jou honde blaf, jy gaan kyk en so gesê so gemaak. Die goeie nuus is die honde het nie `n rower of mens gevang nie maar die slegte nuus is dat hulle ’n ystervark vas gekeer het. Die einde van die onder onsie is dat my Staffie met 9 penne in sy lyf, gebroke (In Ego, siel en Liggaam) terug keer huis toe dat ek moet troos en gesond maak.
Nou ja soos jy jou kan indink is dit nie die maklikste dink om die vrouens en kinders in die huis kalm te hou terwyl ou toffie in mekaar sak hier voor ons met bloed wat stroom uit sy wonde asof daar n kraan oop is nie. Ek dink dit was maar uit gewoonte of uit pure desperaatheid dat ek 00:45 die CrisisOnCall noodnommer gebel het om 'n veearts te probeer kry. Maar die operateur sit my sommer onmiddellik deur na die noodsuster aan diens wat sonder om te huiwer die nodige noodhulp raad oor die foon gee. Ek kon die nie glo nie. Hier is ons in die middel van die nag besig om mediese raad te kry vir my hond, deur n opgeleide mediese persoon. Ek moet eerlik wees dat my lidmaatskap by CrisisOnCall my beter laat slaap in die nag want as jy hulle nodig het dan is hulle daar, soos die dag toe ons 'n slang met n koeldrank blikkie op sy kop gevang het. – Rick Esterhuyzen
HULP DAAR TOE MAN MET HARTAANVAL IN HOSPITAAL Lê
“Die volgende het met my gebeur hierdie Desember vakansie. Saterdag 12 Desember 2009 6 uur die oggend start ek my voertuig by my huis in Pretoria. Terwyl ek ry skakel ek CrisisOnCall om my reis te monitor want ek is nou op pad Jeffreys Baai toe vir my vier week vakansie. Dion (wat ’n pragtige mens) het my gevat tot by ons huis in Jeffreys Baai.
Die 5de Januarie 2010 die oggend 4:30 sit ek regop van die pyn met ’n hart aanval. Ek beland toe in die Hospitaal in Port Elizabeth. Ek moet begin pak want ons moet Saterdag die 9de Januarie terug Pretoria toe. Die dokter weier egter dat ek huis toe gaan om te pak en weer 12 ure met ‘n voertuig ry. Hy sê ek kan slegs van die hospitaal af na die Lughawe toe en moet huis toe vlieg. Wat van my vrou en al die bagasie en ook nog die sleepwa?
Reëlings is toe getref dat die kinders af vlieg om my vrou met al die bagasie terug in Pretoria te kry. Hulle het toe eers Sondag oggend 5 uur uit Jeffreys Baai vertrek waarna ek weer vir CrisisOnCall gebel het vir reis monitering vir hulle. So, wat ek wil sê is dat ek in die Hospitaal lê en CrisisOnCall neem my vrou en kinders huis toe. Daarvoor kan ek julle nie genoeg bedank vir hierdie diens wat julle lewer vir minder as R100.00 per maand nie. Ek is weer terug by die werk en sterk baie goed aan.”
CrisisOnCall is juis daar om te help wanneer dit werklik saak maak. Die moontlike doen ons onmiddellik, die onmoontlike neem so bietjie langer. (Frik Dippenaar)
BLITSPATOLLIE KAN NIE HELP NIE
Hiermee wil ek ook net ons dank uitspreek vir die vinnige optrede van CrisisOnCall. My swaer, hulle het by ons gekuier in Kemptonpark. So ongeveer 19:15 het hulle terug gekeer na hul huis in Wierdapark, Centurion. Om 19:55 het hulle ons gebel, soos die reëling is, om ons te laat weet dat hulle veilig by die huis is. Die oproep was ‘n benoude oproep van “bel gou die polisie”. Hier is inbrekers in ons huis. Hulle was veilig in hul motorhuis, maar het nie geweet wie het hulle sien ingaan nie. Nadat ons 10111 geskakel het, het die persoon wat geantwoord het vir my gesê dat ek die Pretoria nommer moet skakel en ek is nou in die Oos-Rand.
Ek het toe CrisisOnCall gebel. Ek het aan hulle die probleem verduidelik. Ons is dadelik gerus gestel en binne oomblikke is ons terug geskakel met die antwoord “blitspatrollie is oppad na die adres.”
Ons het twee keer terugvoer ontvang en my swaer hulle was gekontak. Blitspatrollie was vinnig by hulle en hulle was toe veilig. Nogmaals dankie aan die flinke optrede van CrisisOnCall.
Ohna Muller
back to topTRIP MONITORING
REISMONITERING VAN SKOOLKINDERS
Ek wil baie dankie sê. My dogter Temcke het 'n groep kinders van die Hoërskool Eldoraigne na Bloemfontein geneem waar hulle aan 'n toneel kompetisie deelgeneem het. Julle het gereeld gebel terwyl hulle op die pad was na Bloemfontein en weer terug.
Gedurende 'n vergadering met die ouers was die vraag gevra; wat doen hulle as hulle in 'n ongeluk is? Dit is toe dat Temcke haar arm in die lug steek met haar CrisisOnCall bandjie en sê "CrisisOnCall"! Dit het die ouers gemoedsrus gegee om die kinders saam met haar te laat reis. Baie dankie dat ons so ook op julle kon steun. - Leonnè Strydom
OP REIS MET SIEK PERSOON
Baie dankie dat u my bygestaan het vanaf Warmbad tot in Pretoria. Ek het 'n baie siek vriendin hospitaal toe gevat. Dit het gehelp dat u daarvan weet en sou my gehelp het ingeval van nood, nomaals baie dankie.
Hester Britz
MAN LUCKY AFTER SERIOUS ACCIDENT
After working till late one night, André Nel called for trip monitoring. He left from his work in Lynnwood on his way to his house in Waverley, Pretoria. He requested to be called after 30 minutes on his cell phone. When he did not respond to the call, his wife was called to confirm that he was not at home. A search was immediately started and after about 10 minutes he was found unconscious next to his vehicle along the N1 highway. The necessary was done and André’s life was saved since he would not have survived the night in the winter cold. His wife was kept informed during the whole event. His medical aid information was also supplied in advance to the private hospital.
REIS MET GEMOEDSRUS
Ek was onlangs Mosselbaai toe met vakansie, en was dit nie vir die vriendelike stem van CrisisOnCall wat my gemonitor het vanaf Potchefstroom tot Mosselbaai nie, was my vakansie nie die helfte so lekker nie want ek het met soveel gemoedsrus gery.
Graag wil ek net baie danie sê vir die wonderlike diens en ek beveel dit aan vir elkeen wat ek teekom.
Petro C Tredoux (Radio Pretoria luisteraar)
REISMONITERING MET SIEK MOEDER IN VOERTUIG
Baie dankie vir julle bystand Woensdag 26 Mei en ook Dinsdag 1 Junie 2010. Ek het ook my moeder Woensdag in die kar gehad wat baie siek was aan griep met ‘n baie hoë koors. Ons het veilig in Levubu aangekom en kon ek haar gesond dokter voordat ons gister terug gekom het.
In besonder my dank en waardering aan Lorial vir die puik wyse waarop sy ons monitering gehanteer het in beide rigtings.
Groete, Rina Truter
REISMONITERING VIR STUDENT
Baie dankie, ek is baie tevrede met julle diens. My dogter Petro reis elke week na die Potchefstroom Universiteit en terug en sy maak dan gebruik van die reismonitering wat vir my baie gemoedsrus gee.
Ina Prinsloo
REISMONITERING GEE GEMOEDSRUS
Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om al die ritmoniterings-assistente wat ons op ons toer deur die land elke keer veilig van punt A na punt B gekry het te bedank vir hul vriendelikheid en hulpvaardigheid.
Dit was voorwaar 'n riem onder die hart om te weet dat daar altyd iemand was wat geweet het waar jy jou bevind veral toe ons deur die Transkei moes reis oppad na Margate. Ek is nie seker wat die manspersoon se naam was wat ons Saterdag gemonitor het nie, maar hy het ons 'n paar keer gemonitor langs die pad en hy is voorwaar 'n aanwins vir u maatskappy, so vriendelik, belangstellend ens. Dit was fantasties.
Weereens baie dankie en doen so voort met die professionele diens wat u maatskappy verrig - ek sal verseker u maatskappy aan almal noem wat ek ken.
Lizette Marsh – 31 Mei 2010
REISMONITERING WERK ELKE KEER
Ons as gesin het sopas terug gekeer van ‘n wonderlike vakansie by die see. In die verlede het ek en my man baie opgesien na die rit van Nelspruit tot by die Suidkus. Omdat ons kinders klein is ry ons deur die nag. Die afgelope drie jaar maak ons gereeld van reismonitering gebruik en is dit wonderlik om elke uur met ‘n vriendelike en hulpvaardige persoon te praat. Die reis deur die nag is nou net soveel beter. Geen stres want ons weet iemand weet ons ry en sal hulp kry as iets gebeur.
Tydens ons vakansie het klein Laurette (2 jaar) skielik begin opgooi. Dit was in die oggendure. Ons is in ‘n vreemde plek en het eers gewonder wat om te doen. Ons het CrisisOnCall geskakel en daar het ‘n mediese persoon vir ons raad gegee. Sy het elke 10 minute geskakel om te hoor hoe dit nou gaan. Binne 20 minute was Laurette vas aan die slaap en oor haar probleem. Later deur die dag het ‘n persoon weer van CrisisOnCall geskakel om te hoor of Laurette nog reg is.
Yvonne Smit
TRIP MONITORING AND ACCIDENT
On 27 February 2007 Lenie and Johannes van Staden were travelling and had arranged for trip monitoring. Peter from the CrisisOnCall centre had phoned them hourly. Shortly before the next call from CrisisOnCall they were involved in a head-on-collision just outside of Louis Trichardt. Johannes was seriously injured, but Lenie, thanks to her airbag, was relatively unscathed.
She immediately called CrisisOnCall. She was unsure precisely where the collision had occurred. Peter was able to assist in that regard because their trip was being recorded at the centre. Paramedics from Louis Trichardt were quickly sent to the scene of the accident. Johannes’s condition was so serious that he was air ligfted to Pietersburg.
EXCELLENT TRIP MONITORING
“We left for Cape Town via Port Elizabeth on the 1st December 2007. We returned on 2nd January 2008 (during the night). Each time we asked for trip monitoring and were phoned on the hour every hour by various personnel. The trip monitoring each time gave us peace of mind. During our trip home, we were advised of a big accident ahead and advised to take an alternative route to avoid the road which was closed ahead. You are the best! I don’t know how anybody can be without CrisisOnCall. – Sanet Botha.
VERSKEIE SKRYWES OOR REISMONITERING GEDURENDE DIE DESEMBER 2009 VAKANSIE
“Hiermee wil ons ons dank uitspreek vir voortreflike diens. Ons is deur vriendelike en behulpsame personeel gehelp met ons reis na Caledon en ook weer terug na Warmbad.
Deur die vriendelike oproepe is die pad sommer korter gemaak. Nogmaals baie dankie vir uitmuntende diens.”
Dorrie van Staden – Bosveld Stereo luisteraar
“En dan wil ek net vreeslik dankie se vir Morne, Monique en vir Johnny. Hulle is regtig 'n aanwins. Hulle is altyd baie vriendelik wanneer hulle elke uur geskakel het om te hoor of alles nog reg is, veilig is ens. Ek wil vreeslik graag 3 hoeras vir hulle gee. Sonder hulle op die lang pad sou dit nie so lekker gewees het nie.
Dankie vir julle diens.”
Retha Gerber – Rippel 90.5 FM luisteraar
BEJAARDES VEILIG OP REIS
My ouers is al bejaard maar reis nog baie. Hulle woon in Hermanus en reis van tyd tot tyd na ons hier in Roodepoort. Ons as familie was altyd baie benoud wanneer my pa so ver bestuur - en hy weier om oor te slaap.
Hulle het deur Radio Pretoria by julle aangesluit. Hierdie keer was dit anders. My ma kon nie uitgepraat raak oor die personeel wat hulle so gereeld geskakel het nie. Selfs toe die persoon by die beheersentrum na drie ure vir my ma sê dit is tyd dat my pa nou moet rus, het hy sonder om tee te praat by die volgende dorp gestop en eers gerus. Ons rus nou ook wanneer ons ouers op die langpad is want hulle is in veilige hande.
Dankie dat julle so mooi na ons bejaardes kyk.
Die Fourie familie het nou rustigheid.
Daleen Fourie
VERSKEIE KERE KRY ONS GOEIE DIENS EN HULP TOE ONS VERKEERDE AFRIT NEEM
Ek het gedurende Desember 2009 en Januarie 2010 verskeie kere van reismonitering gebruik gemaak. In die proses het vier verskillende personeel ons reis gemonitor.
Mornè het ons op 21 Desember om 3:00 geskakel. As gevolg van padaanwysings op die snelweg wat op sekere plekke moeilik leesbaar in die nag is, het ons die verkeerde afrit geneem. Mornè het onmiddellik aksie geneem met hulp om ons op die regte pad te kry. In die proses het hy hulle kort-kort geskakel om te verneem of ons veilig is totdat ons weer op die regte pad was. Daarna is reismonitering op ‘n uurlikse basis voortgesit. “Dankie Mornè, danksy jou was ek gou weer op pad en veilig” – Annatjie Bloem
REIS GEMONITOR OP STIL PAD
Soms vergeet mens so maklik om dankie te sê. Ek en my seun het op 2 April 2010 vanaf Prince Albert na Bloemfontein gereis via Victoria Wes. Omdat dit vir my ‘n onbekende stil pad was het ek CrisisOnCall vanaf Bloemfontein geskakel en gevra om ons te monitor.
Ek het met groot gemoedsrus gery omdat ek geweet het iemand monitor ons elke uur. Dankie aan CrisisOnCall se span vir die vriendelike diens en dat ons daardie gemoedsrus ervaar het dat behalwe vir God se bewarende hand, julle ook daar was vir ons.
Conni Oelofse – Pretoria
REISMONITERING HOU MY MAN WAKKER
Ek wil net graag vir Mornè en die span van CrisisOnCall bedank vir julle hulp oor die Paas-naweek. Ek het Donderdag aand (9 April) gesien wat julle werd is. My man het tot laat Donderdag gewerk en moes toe na werk van Johannesburg na Naboomspruit ry. Ons het CrisisOnCall gebel en met Mornè gepraat. Ek het hom versoek om George elke halfuur te bel omdat ek bang was dat hy aan die slaap kan raak op die pad alleen in die donker. Hy het my man vanaf omtrent halfagt tot half twee die volgende oggend gereeld gebel en met rukke tot elke 20 minute.
Ek waardeer dit opreg om te sien dat julle ons belange en geliefdes ook op die hart dra!!!!!!!
Dina Müller
REISMONITERING WORD BAIE VRIENDELIK GEDOEN
Ons wil weereens graag ons dank uitspreek teenoor CrisisOnCall vir die diens wat julle lewer. Op 30 April 2010 het ons vanaf Kleinfontein na Ballito gereis en weer 14 Mei vanaf St Lucia terug na Kleinfontein. Elke keer het ons van julle reis moniteringsdiens gebruik gemaak en Deon was ons behulpsaam daarmee.
Dra asseblief ons besondere dank aan hom oor vir die vriendelike en behulpsame wyse waarmee hy ons bygestaan het. Dit word opreg waardeer.
Alle seën en sterkte
Groete
Johan en Lettie van der Merwe
GEMOEDSRUS MET REISMONITERING
Hannes Laubscher, sy vrou, dogter en skoonsuster het gedurende Maart 2003 vanaf Springs na die Kruger wildtuin gereis. Hulle het 3 uur die oggend vertrek en die beheersentrum versoek om hulle 4h00 en 7h00 te skakel.
“Stiptelik om 4h00 was ek geskakel en om 7h00 was ek weer geskakel.”
Die selfoon ontvangs tydens die 7h00 oproep was tussen die berge nie na wense nie en het die Gevalle Bestuurder by die beheersentrum 11 keer geskakel totdat hulle ’n volle gesprek kon voer ten einde te verseker dat die Laubschers steeds veilig op reis is. “My vrou, dogter en skoonsuster se kommentaar was dat hulle nog nooit so veilig gevoel het nie.” – Hannes Laubscher
VEILIGE REIS
“Ek is 'n Finansiële adviseur vir Old Mutual en ek spandeer ongelooflik baie tyd op die pad. Dit is een van die hoof redes waarom ek by CrisisOnCall aangesluit het. Ek het ook 'n vrou, drie kinders en twee oumas wat saam met my pakkie kom. Ek was verlede week vir 'n paar dae met verlof en het op die nuus gehoor dat daar by Diepsloot in Johannesburg ernstige taxi geweld is en dat die pad tydelik gesluit is.
So, Maandag is ek vroeg oggend terug by die werk. Ek moet dringend na Pretoria toe en die kortste roete moet natuurlik verby Diepsloot wees. Op hierdie punt besluit ek om CrisisOnCall te skakel en was baie bly toe iemand aan die anderkant baie vriendelik vir my die versekering gee dat hy my sal terug bel met nuus oor die beste roete om te neem. Binne 2 minute word ek terug geskakel met bevestiging dat die polisie die roete verby Diepsloot as veilig beskou.
Ek haal my hoed af vir CrisisOnCall want ongeveer 20 minute later, lui my foon, ‘Goeie more Mnr. Esterhuizen, Dit is Emile van CrisisOnCall hier, ek skakel net om seker te maak u het veilig deur die gebied gery.’ In my lewe het ek nog nie hierdie tipe van opvolg beleef nie. Ek moet net weereens vir die mense by CrisisOnCall dankie sê! Dit maak my soveel meer gerus. Nou weet ek dat indien daar wel eendag 'n groot krisis sou opduik ek en my gesin professionele hulp sal kry.” Rick Esterhuizen
REISMONITERING – WARE STEUNPILAAR
Dit was weereens vir ons 'n wonderlike ondervinding om te kon afry Leisure Bay toe op 29 November 2008 en te weet dat Deon van CrisisOnCall ons bystaan met reismonitering! Hy het ons elke uur geskakel, en teen die tyd wat ons daar aangekom het, het dit gevoel of ons hom al baie jare lank ken! Hy was werklik 'n groot steunpilaar om vir 9 ure saam met ons op die pad te wees. Baie dankie Deon! Ook toe ons gister (9 Desember) teruggekom het Pretoria toe was hy elke uur met ons. Ons waardeer jou Deon, jy het jou weer eens baie professioneel van jou taak gekwyt! (Sophia Vorster)
JULLE HOU MY WAKKER
Baie dankie vir die vriendelike diens wat ek van julle ontvang. Ek is genoop om baie vrou alleen en boonop al 70 jaar, lang distansies alleen af te lê en hierdie diens is wonderlik. Dit is baie gerieflik om nie aan die slaap te raak nie, want jy weet iemand gaan een of ander tyd bel en daar is dan 'n klein gesprek wat jou weer moed gee vir die volgende afstand.
Hierdie diens bied my nou in elk geval baie meer vryheid om die wêreld te verken. – Mara Lourens
WARE GEMOEDSRUS
Ek het ‘n tydjie gelede by CrisisOnCall aangesluit en het nie gedink ek sou van julle diens gebruik maak nie, maar ek moes toe en is baie dankbaar dat ek wel aangesluit het. Ek en my tante het afgery Oos Londen toe. Ek was aanvanklik skrikkerig om vrou alleen te ry (jy weet dit is deesdae ‘n groot risiko) maar ek het geen keuse gehad nie!! Ek moes net ry. In elk geval, ek julle gekontak vir die reismoniteringsdiens om elke uur te skakel. Dit gemoedsrus wat ek gehad het, het werklik ‘n verskil gemaak. Baie dankie vir dit.
Ek het baie veilig gery en was dit regtig baie gerusstellend om te weet ek word gemonitor. Die mense aan diens was baie vriendelik en was dit lekker om met hulle te gesels.
Nogmaals dankie vir die diens wat julle lewer. Ek sal verseker in die toekoms weer van julle gebruik maak. Dalk werf ek nog ‘n lid of twee, die ander mense was baie beïndruk met julle diens! - Mev A Janse van Vuuren.
SEUN SE REISMONITERING GEE GEMOEDSRUS AAN MA
Saterdag 15 Mei 2010 om 7:08 ontvang ek die volgende sms: “Dit is Mev Venter. Ek wil my dank betuig aan jou en jul span vir die beste diens ter wêreld vir my seun wat jul veilig by die huis besorg het. Gods rykste seën vir jul almal.”
Mev Venter se seun het die vorige dag van die Suid-Kus na die Wes-Rand gereis met ‘n voertuig wat die vorige week baie probleme gegee het. Ouers is bekommerd oor hul kinders en ma het hierdie keer, nadat die sentrum hom gereeld geskakel het met reismonitering rustig vir hom gewag want sy het geweet CrisisOnCall sal help as daar iets gebeur. CrisisOnCall gee gemoedsrus vir ouers en kinders wanneer reismonitering toegepas word (Marius Vermaak CrisisOnCall)
BOER WORD DEUR CRISISONCALL ONDERSTEUN
Ons boer op ‘n plaas buite Bloemfontein. Sondae wanneer ons van die kerk huis toe ry skakel my vrou CrisisOnCall en vra dat hulle ons so na 45 minute op die huistelefoon moet bel om vas te stel of ons veilig aangekom het. Daar is op ‘n groot deel van die grondpad nie selfoon opvangs nie.
Sondag 6 September het my kar gebreek juis daar waar geen opvangs is nie. Ek het probeer herstel maar my vrou het sommer geweet hier gaan ons sit. Met twee kinders wat gou dors was en geen hulp naby nie het ek besluit om te begin loop. Ons was seker so 12 kilometer van die huis af.
‘n Kwartier later het my buurman van voor gekom en my gegroet met die woorde; “ek hoor jou motor het gebreek.” Ek kon nie verstaan hoe my vrou hom sonder selfoon opvangs kon bel nie. Ek was verbaas toe ek hoor CrisisOnCall het hom geskakel om te kom kyk waar ons is. Ons het my voertuig huis toe gesleep en vir CrisisOnCall geskakel. Ek hoor toe ons het die Auto pakket wat padbystand insluit. So maklik ‘n uur later het ‘n trok opgedaag wat my voertuig opgelaai het en na die garage geneem het. So tussen alles deur het hulle gebel en vertel dat die ou met die trok oppad is. Die volgende dag weer ‘n oproep.
Ons plaasboere het daar en dan besluit dat CrisisOnCall vir almal ‘n bate is. Amper soos ‘n koppie koffie. - Jan de Bruin
GEMOEDSRUS AL DIE PAD
Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om Deon Carstens te bedank vir sy hulp en vriendelikheid. Baie dankie Deon dat jy al die pad saam met ons gewees het. Ons het gebel vir reismonitering en het op 31 Mei 2010 vanaf Pretoria na Uvongo gereis en hy het ons stiptelik gebel.
Dit het vir ons almal in die voertuig net soveel meer gemoedsrus gegee. Baie dankie vir julle goeie werk by CrisisOnCall.
Mev D. Hand
REISMONITERING VRIEDELIK EN BEHULPSAAM
Ek wil net graag vir julle ‘n baie groot pluimpie gee. Ek het verlede jaar by CrisisOnCall aangesluit en ek het vir die eerste keer van Reismonitering gebruik gemaak toe ons op Vrydag, 11 Junie 2010 Shelley Beach toe vertrek het.
Deon het ons reismonitering gedoen en hy het elke uur geskakel. Hy was vriendelik, behulpsaam en het ons op ons gemak laat voel elke keer as hy gebel het om seker te maak of ons nog veilig is en of als nog goed gaan aan ons kant.
Ons het Saterdag, 19 Junie 2010 teruggekeer van Shelley Beach en weereens het Deon ons reismonitering gedoen. Sy professionaliteit is van ‘n baie hoë standaard en dit het my en my familie baie gehelp om veilig te reis onder ons moeilike omstandighede. My vader se regterbeen is op 12 Maart 2010 onder sy knieg afgesit en hy is nou permanent in ‘n rystoel en ons het ook kort-kort probleme met ons voertuig ondervind voor ons met verlof gegaan het.
Danksy Deon se monitering en ons gebede wat verhoor is het ons veilig gearriveer in Pretoria. Ek het dadelik die Beheersnetrum gebel en laat weet ons is veilig tuis. Ek het vir Deon ‘n boodskap gelos om hom dankie te sê vir sy hulpvaardigheid en hy het my teruggeskakel.
Ek sal dit waardeer as julle asseblief vir Deon ‘n groot dankie kan gee van ons hele gesin af. Hy is regtig ‘n aanwins vir julle organisasie.
Baie dankie nogmaals vir ‘n wonderlike diens wat julle lewer. Hou so aan.
Mev Christa Lottering
back to topIDENTIFICATION
ARMBANDJIE HELP MY OM MY PASIëNT TE HELP
Dit is winter en om nagskof te werk is nie baie aangenaam nie.
Saterdagaand 19 Junie ongeveer 23:40 kry ons ‘n oproep van ‘n voertuig wat in die riviertjie buite ons stad beland het. Ek en my span haas ons na die toneel.
Op toneel, saam met die brandweer, sien ons ‘n voertuig op sy dak aan die kant van die rivier lê. Binne is drie pasiënte wat ernstig beseer is. Hulle is victor pasiënte (sit vas in die voertuig) en die brandweer moet hulle uit die wrak bevry.
Intussen begin ons met behandeling. Een van my kolegas op die ambulans vertel my dat die pasiënt ‘n CrisisOnCall bandjie aan het. Dit was my eerste keer dat ek met ‘n CrisisOnCall pasiënt te doen kry maar het al baie daaroor gelees en inligting; ontvang.
Opgewonde om die sisteem te toets begin ons deur die noodnommer te skakel. Verbasend vinnig word die oproepe beantwoord en hier praat ek met mense wat weet wat ons wil hoor. Hulle bel my baie vinnig terug en vertel alles wat ons wil weet. Goed so want die pasiënt was allergies vir heelwat medikasies en ek kon my behandeling vroegtydig aanpas.
By die hospitaal gekom weet hulle van die pasiënte en dit is toe dat ons na ons die pasiënte oorgegee het praat oor CrisisOnCall. Ons al drie het dieselfde vloei van inligting gekry en die ondersteuning van CrisisOnCall was uitstekend. Daar besef ons dat die blou bandjie eintlik ‘n moet vir almal is; Die groot vraag, Waar is ons bandjies? Maandagoggend het ons geskakel en vinnig aansoekvorms bekom. Nou is ek en my kollegas lid van CrisisOnCall en kon nie glo wat ons nog by kry nie.
Goedkoop en dit help ons om ander se lewens te red deur beter behandeling te verskaf. Dankie CrisisOnCall, julle konsep is puik, ek hoop mense besef wat jul bandjie en inligting beteken vir ons as paramedici. CrisisOnCall is ‘n moet vir elke gesin ons het dit Saterdagaand beleef!
Gerhard Hattingh (ALS Paramedic)
DANKIE CRISISONCALL - PARAMEDIKUS
Ek is self 'n lid van CrisisOnCall en het reeds verskeie kere van inligting tov pasiënte van CrisisOnCall se dienste gebruik gemaak. Daarom dra ek my bandjie permanent.
Op 6 September 2010 was ek uitgestuur na 'n groot botsing op die N3 snelweg. ('n Vragmotor het letterlik oor 'n voertuig gery)
By aankoms was dit duidelik, die pasiënt se lewe het aan 'n draadjie gehang en ons sou alles moes doen om hierdie pasiënt se lewe te probeer red. Die toneel was chaoties en wrakstukke het wyd verspreid gelê.
Toe ek in die wrak inkruip om by die pasiënt uit te kom het ek haar CrisisOnCall bandjie gesien. Dit was vir my 'n verligting. Die pasiënt was bewusteloos en het dringende ingrepe van ons verlang.
My assistent het CrisisOnCall geskakel en hulle het vinnig terug geskakel met die inligting. Die verpleegkundige het my deurentyd bygestaan met inligting aangesien die pasiënt se medikasie 'n direkte teen uitwerking met dit wat ek binneaars sou toedien gehad het. Saam moes ons 'n plan maak. 'n Dokter was ook op die lyn en het ook sy kundigheid gedeel. Wat 'n plesier. Ek kon die beste vir die pasiënt doen nie net omdat ek so opgelei is nie maar ek kon ook die heel tyd kundige ondersteuning van CrisisOnCall kry. Dit was fantasties.
Skielik kom die boodskap van CrisisOnCall. Hulle is besig om die persoon se reis te moniteer en volgens hul inligting is daar 'n klein kindjie ook in die voertuig. Ons het saam met die brandweer begin soek en die seuntjie van 18 maande in sy stoeltjie agter in die voertuig, tussen die wrakstukke gekry. Hy was bewusteloos en het geleef. My assistent het onmiddellik vir CrisisOnCall gesê van die kind. Dit is toe dat besluit is om die mediese helikopter uit te kry.
Die volgende probleem. Die naaste hospitaal kon nie die pasiënte hanteer nie. Omdat ek met victor pasiënte besig was het die brandweer voltyds ondersteuning gebied en ook die pasiënte uit die wrak bevry. 'n helikopter is nie onmiddellik daar nie en ek moes twee prioriteit 1 pasiënte saam met my span hanteer. Gelukkig daag daar paramedici op van nog 'n ambulansdiens en ook hulle word deur CrisisOnCall geskakel sodat inligting op die kleintjie beskikbaar kan wees.
Na baie ingrepe en aksies is die twee pasiënte na 'n privaat hospitaal geneem. Een per pad en een per lugambulans.
Vandag wil ek vir julle by CrisisOnCall baie dankie sê vir die identfikasiesisteem wat julle uitgedink het. Dit werk en julle het my vandag gehelp om twee lewens te red. Elke mens behoort by CrisisOnCall lid te wees. Dit sal ons lewe baie makliker maak.
Johan Groenewald
HOND BYT BUURMAN
Ek is al 'n paar jaar lid van CrisisOnCall en het al reeds baie van die dienste gebruik gemaak met absolute professionele hulp.
Gistermiddag het ‘n rondloper hond my buurman reg voor sy huis aangeval. Hy is ook ‘n lid van CrisisOnCall en dra ook sy bandjie. Ons was verbaas toe ons sien Jan en sy gesin is ook lid, hulle het onlangs lid geword.
Ek het ‘n gil gehoor en daarna ‘n hond wat baie ernstig baklei. By die venster het ek gesien wat gebeur en besef nou moet ek CrisisOnCall skakel. Ek kan nie betrokke raak nie want die hond is groot en ernstig.By die roepsentrum het ek onmiddellik met ‘n baie kalm persoon gepraat. Sy het my in suiwer Afrikaans vertel dat sy die nodige hulp stuur en my na Marie deurgeskakel. Intussen het die buurman oorkant die straat die hond van ons buurman afgekry. Hy is ook gebyt. Marie het my telefonies vertel hoe om Jan die buurman wat ernstig seer gekry het te help en hoe om die bloed te stop.
Binne minute was die ambulans, polisie en DBV by ons. CrisisOnCall het hulle gestuur.
Jan is inderhaas na die hospitaal geneem. Voor hy in die ambulans gelaai is het die ambulansmense met hom gewerk en ek kon sien hoe hulle van die bandjie skakel. My ander buurman het self na die hospitaal gery. Ek het Jan se vrou gebel en sy vertel toe dat sy reeds weet want CrisisOnCall hou haar op hoogte. Die aand het ons Jan gaan besoek in die hospitaal. Hy vertel dat hy nie sy mediese fonds-kaart by hom gehad het nie maar is opgeneem danksy CrisisOnCall wat al die inligting verskaf het.
Hy het gevra dat ek namens hom die vonkpos stuur en ook dankie sê aan Radio Pretoria waar hy die eerste keer van CrisisOnCall gehoor het. Hy vertel dat hy aangesluit het maar nooit gedink het hy sal so vinnig CrisisOnCall nodig kry nie.
Joy De Beer (10 Mei 2010)
HOW MY CHILD WAS SAVED BY CRISISONCALL
I would like to share with everyone who like myself, is a member of CrisisOnCall in taking a few minutes to thank the people behind the scenes who go out of their way to assist us in our moments of sudden need, despair difficulty and frustration.
I specifically highlight sudden because these moments come at a time when most of us least expect them.
Wednesday, just after 3 o’clock, I received a call from a very warm and friendly voice informing me of my daughter’s accident. My whole world came to a standstill. The voice immediately calmed me down informing me that Zondi was in good hands and that she is not in direct danger. I am not sure exactly what was said but, maybe because of my state of shock, but what I do remember is that the voice was calm and kept me calm.
I was told that Zondi was injured in a bus accident and that the ambulance is on its way to Sunning Hill Hospital. I was also informed that they are in constant contact with the paramedic. They even wanted to know if I have transport to the hospital.
It was recommended that I proceed to the trauma unit of the hospital. On my way to the hospital my cell rang, it was that calm voice again. “Mam, are you on your way .... , I have an update on your daughter.” Zondi is in the trauma unit in a stable condition.
On arrival at the hospital all hell broke loose. Parents were running around looking for their children, shouting and screaming. I was really distressed at that time. I gave my name at the counter of the trauma unit. Although the medical people were running around was immediately taken to Zondi. What a relieve, Zondi was OK.
I then realized, The CrisisOnCall bracelet did the trick. I received several calls from that special voice to assure that everything is still fine. Zondi got her last telephonic counseling yesterday afternoon from another special person from CrisisOnCall.
To all of you behind the scenes, we don’t see your faces, but I am sure you not only perform your tasks with warm smiles, but with warm hearts as well!!
Well done! I am part of CrisisOnCall for life. – LIZA GORDON (25 October 2005)
BANDJIE DOEN DIE PRAATWERK
Dit gaan nie met ons gebeur nie. Hierdie gedagte was altyd in my kop maar ‘n vriendin oortuig my om tog maar by CrisisOnCall aan te sluit. Ek kry selfs my kinders, tieners, om die bandjies te dra.
Daardie Vrydagaand 27 November 2009 sal ek nooit vergeet nie. Ongeveer 23:00 lui my man se foon. Dit is ‘n stem uit die CrisisOnCall beheersentrum.
“Jou seun was betrokke in ‘n ernstige ongeluk op die N1”. Net toe ek wou histeries raak vra die persoon om met my te praat. Sy gee my die gerusstelling dat hoog opgeleide paramedici besig is om met Johan te werk. Hulle weet alles wat hulle moet weet van Johan en hy word na Wilgeheuwel Hospitaal geneem.
Ek en my man ry na die hospitaal en word gereeld op hoogte gehou. Later word ek direk met die paramedikus gekoppel want my senuwees is gedaan. Hy verseker my dat Johan kritiek maar stabiel is. “Wat beteken dit?” Die stem uit die sentrum neem oor en verduidelik. Daar sak ‘n kalmte oor my neer.
Sy bandjie het die praatwerk gedoen. Dankie Samantha dat jy ons van CrisisOnCall vertel het.– Louise Van wyk
ARM BAND AND THE DISABLED
“My husband is disabled and an epileptic. He suffers from epileptic attacks. He may not drive and goes to work by bus. On 3rd May he had an attack. The bus driver stopped in a bus stop and asked someone to take him off of the bus. A woman (I don’t know her name), alighted from the bus with him. She called CrisisOnCall from his arm band.
Many thanks that you helped him so nicely. They also phoned me every 20 minutes to tell me what was happening. You are our lifesavers.” Hester Weideman.
(What was interesting about this case was that it occurred just after six a.m. and our paramedic from CrisisOnCall had to phone various hospitals to find out where a neurologist would be available. The ambulance could thus take Manie directly to the correct facility for treatment.)
KIND BESEER OP SPEELGROND
“Ons was die naweek by ‘n vakansieoord buite Naboomspruit en daar gebeur die een ding wat niemand verwag nie. My seuntjie het in die speelterrein seergekry. Iemand skakel van sy bandjie en CrisisOnCall sorg vir die res. Hy het op sy rug op ‘n stuk yster te lande gekom en op die grond bly lê. Hy kon nie beweeg van die pyn nie. Die besering het ernstig gelyk en hy moes stil lê omdat niemand geweet het wat die omvang van sy beserings is nie. CrisisOnCall het dadelik met telefoniese mediese-advies begin en ‘n ambulans gestuur. Terwyl ‘n paramedikus nog besig was om te gesels het die ambulansdiens laat weet dat hulle oppad is. Die ambulans was tussen Nylstroom en Warmbad toe hulle gekontak is en hulle het omgedraai. Hulle was vinnig op die toneel.
Die paramedikus wat agter in die ambulans gesit het, het my verseker dat ons in goeie hande is en was die heel pad vriendelik en baie positief. Toe ons by die hospitaal kom was almal bewus van ons koms en die dokter het ons dadelik gesien. Dit was chaos met die Paasnaweek by die ongevalle afdeling maar die personeel by die hospitaal was baie vriendelik. Die tyd wat ons daar gewag het vir x-strale en om weer die dokter te sien het so vinnig verby gegaan omdat die paramedici kort kort by ons ingeloer het en ons bly gerusstel het.
Gedurende die tyd wat ons by die hospitaal was het CrisisOnCall 2 keer gebel om te hoor of die dokter ons al gesien het en wat die stand van sake is.“ (Brief verkort)
Renier en Debbie Viljoen - Thabazimbi
ONDER VOERTUIG VASGEKEER
Op Vrydag 15 Februarie 2008 het ek soos gewoonlik op my motorfiets met die Ben Schoeman snelweg werk toe gery. Ek het dit nodig gevind om in die noodbaan te stop om ondersoek in te stel na ‘n moontlike meganiese probleem. Terwyl ek my motorfiets tot stilstand gebring het, het ‘n motor van agter teen my gebots. Ek was gedeeltelik onder die motor vasgepen toe alles tot stilstand kom.
Ek was in ergere pyn en het geskree dat iemand die motor van my afkry. Van hierdie punt af was ek net vaagweg bewus van wat om my aangaan. Die motor en my motorfiets is van my af verwyder. Ek het geweet my CrisisOnCall bandjie is om my regter pols en het my handskoen verwyder, my arm in die lug gesteek en gesê “bel”. ‘n Onbekende persoon wat gestop het om te help het dit herken as ‘n CrisisOnCall identifikasie bandjie en het geskakel. Ek kon hoor dat die identifikasienommer gelees word en die volgende oomblik hoor ek dat die persoon wat geskakel het my naam en van herhaal. Dit was toe wat ek geweet het alles gaan regkom, die regte mense is oppad en ek sal goed versorg word tot by die hospitaal.
Dit het nie lank geneem vir die paramedici om op te daag nie. Morne, wat CrisisOnCall geskakel het, het bly vra hoe dit gaan terwyl ons gewag het vir Netcare911 se span om te arriveer. Willie van Netcare911 het die toneel oorgeneem toe hy arriveer. Hy het geweet wie ek was, dat ek ‘n mediese fonds lid is en het my van daar tot by Unitas Hospitaal afgevoer.” Janus Botha.
WOMAN SERIOUSLY INJURED: ARM BAND SPEAKS
Lettitia Van Rooyen’s Mother’s Day was different from most mothers. She left her house very early on the Sunday morning to spend the day with her children. As usual, she wore her arm band.
Scarcely a half-hour from her house, the unforeseeable occurred. Her vehicle broke down, and while in the process of getting the car off the road, she rolled it. An eye witness rushed to help her and immediately phoned the emergency number CrisisOnCall from the number on the sticker on her window.
The paramedic in the control room immediately phoned the nearest ambulance service and asked the caller to see if she was wearing her CrisisOnCall arm band. He had seen it and quoted the membership number.
Because her car had rolled, Letitia’s possessions were scattered in the long grass for 40 meters. Her handbag with her medical details was therefore not easily seen.
Paramedics arrived at the scene very quickly because her medical information had already been received by CrisisOnCall ’s control room. They stabilised her condition and transported her to the nearest private hospital.
CrisisOnCall’s own paramedic also contacted the hospital with the necessary information and kept them informed regarding Letitia’s condition. This enabled them to have the appropriate medical team available. When she arrived at the hospital she immediately received the required treatment. Her relatives were also advised about the accident through CrisisOnCall’s system. Lettitia’s son, who had originally told her about CrisisOnCall had subsequently cancelled his membership, feeling that it was unnecessary. He phoned his thanks in on the Monday after the accident and immediately re-joined saying he had realised that one should “Never say never.” (His words.)
I NEVER DREAMED THAT IT WILL HAPPEN TO ME
I had left for work early on the 20th March 2008. We were going away for the long weekend and I wanted to be able to leave work early. I never dreamed that I would not be spending the long weekend by the sea. Just outside of Benoni a vehicle suddenly swerved in front of me. I only came around when I heard someone talking next to me. He was holding my hand and was busy discussing me. It was a paramedic who was busy speaking to CrisisOnCall. He got the information from my arm-band.
My wife reports that she was quickly informed of the accident in which I was seriously hurt – also by CrisisOnCall. My vehicle was wrecked, and my personal possessions were, well I don’t know where, just gone!
Now, more than two months later, I have been discharged from the hospital and can say thank you for the first time to CrisisOnCall and also to the ambulance service which helped me so nicely.
Today I realise the value of membership to CrisisOnCall and the arm-band. Hannes van Wyk
IDENTIFIKASIE KOM TOT OMROEPER SE REDDING
“Ons sê altyd vir mekaar dat CrisisOnCall een van daardie produkte/dienste is wat jy moet hê maar hopelik nooit nodig sal kry nie. – byna soos korttermynversekering – totdat ……..
Ek het nie geweet ek ly aan ’n maagsweer nie, totdat dit een aand gedurende Maart 2003 aan die bloei gegaan het.
Die restaurant eienaar het die nodige nood oproep van my CrisisOnCall identifikasie gemaak. In ’n kits het CrisisOnCall Ambumed Ambulansdiens (die naaste mediese diensverskaffer) laat weet dat een van hulle lede ’n mediese krisis beleef. Hulle was binne minute op die toneel.
Die storie agter die storie het ek eers na die tyd gehoor. CrisisOnCall het die mediese ordonnans in die ambulans gebel met inligting oor my mediese geskiedenis. CrisisOnCall het selfs die hospitaal verwittig dat ek oppad is. Mediese inligting is ook deurgegee wat hulle bereik het voor ek by die hospitaal arriveer het.
Selfs terwyl die dokter met my besig was het CrisisOnCall steeds gebel om seker te maak dat alles goed afloop. Hulle het selfs gereël dat ’n geestelike leier my besoek terwyl ek in die proses was om in die hospitaal opgeneem te word.
Sulke diens is iets waarvan ’n mens net hoor. Nou besef ek alles is nie verlore nie. Toe ek verder verneem wat die kostes verbonde aan die ambulansdiens was, en dit my niks kos nie het ek besef dat ek altesaam 27 maande se premiewaarde terug gekry het terwyl ek slegs 4 maande lid is. Ongelooflik!
Wat skort met u? Raak aktief. U kan ’n ander of u eie lewe red!!” Martin Jansen (Omroeper)
FAST REACTION AND INFORMATION TO HOSPITAL OF CARDINAL IMPORTANCE
“Friday night 21 April a health emergency struck me and I lost consciousness. My wife and I are not young anymore and my wife physically not strong. She phoned CrisisOnCall and precisely 15minutes after her call the ambulance arrived and after a few more minutes I was in the nearest hospital and they were able to stabilise me.
When my wife arrived at the hospital and wanted to complete the forms, the lady at reception only said: “Sign hear... All the information was received from CrisisOnCall already and the medical staff are already working with your husband at the trauma unit!” I would like to thank you with this letter and ask that you tell the relevant ambulance staff as well as your staff: “Thank you, you were amazing!!! Carry on like this.” - Madder Steyn
CRISISONCALL SPEAK ON MY DAUGHTER’S BEHALF
Although we have been members of CrisisOnCall for 2 years, we have never previously had reason to make use of their services. On Thursday evening, on the 5th of July, my daughter Santie was involved in a serious accident outside of Kroonstad. Fate was against her and according to the police they could not trace her personal possessions at the scene. (Apparently stolen.) Her lifeline was actually the blue CrisisOnCall arm band which she sometimes wore with some “difficulty”.
According to paramedics from Netcare911 they were quickly able to obtain her important details and to ensure that she was admitted to a private hospital. The phone call we received just after 1am from CrisisOnCall was not pleasant but they kept us informed about developments and advised us about her condition. She is presently recovering in hospital but asked us from her hospital bed to thank CrisisOnCall very much for the arm band. - Loraine de Villiers (Polokwane)
BOY INJURED PLAYING RUGBY
Primary school rugby is being highlighted more and more frequently in the media as a result of the seriousness of the rugby injuries which are being experienced at Primary school level these days. My child played rugby this year, and I personally saw how important timely information is. During one of the matches, the unexpected happened to one of his team mates! The child was tackled and fell very badly when a ruck developed. Fortunately the referee recognised the danger and immediately blew the whistle. The child stood up, but collapsed after taking two steps. Paramedics on duty at the game reacted immediately. It seemed as if the child’s back was injured. I noticed the child’s blue CrisisOnCall band was on his arm. One paramedic stabilized the child while the other phoned CrisisOnCall. It was quite apparent that the paramedic was not happy with the patient’s condition. There was some discussion between the paramedic and CrisisOnCall.
The rugby field was cleared and an emergency helicopter was landed on the field. The boy was transported by helicopter to hospital. In view of the fact that the parents were not present, and I know them, I phoned them to advise them of what had happened. They told me that CrisisOnCall had already contacted them and had kept them up to date with what was happening to their son, and the status of his injuries. Now that is what I call exceptional service.” – Lourens Botes.
(A National protocol exists which determines when a patient must/can be airlifted. Paramedics are well aware of when this protocol applies and follow it accordingly. The availability of the air-ambulance, weather situation, landing area etc. also plays a role as to whether to make use of air or road transport - CrisisOnCall)
SON IN TROUBLE AFTER STRONG CURRENT
“We were on holiday in Margate. My 16 year old son, Danie was swimming in the sea. What we did not know was that he was drawn further into the sea by a strong current, and was rescued by lifesavers a kilometre further on another beach. He had already swallowed a lot of water and paramedics had to stabilize him and take him to a local hospital. Fortunately he was wearing his CrisisOnCall arm band on his wrist, and paramedics were able to obtain his medical details. A lady from CrisisOnCall phoned us on the beach where we were still unaware of Danie’s problem. They put us in direct contact with the paramedics in the ambulance that was able to tell us first-hand about his condition. We were able to go to the hospital where he was treated. He was admitted to a private hospital as a result of CrisisOnCall being able to supply his medical information.” – Linda Fourie – Kempton Park.
ARM BAND SUPPLY LIFE SAVING INFORMATION
Members of CrisisOnCall were involved in a serious accident near Paarl on 15th December 2007. We had always received the information material about CrisisOnCall, but had never realized its value. At the scene I phoned CrisisOnCall and the information was immediately available. The asthma sufferer in the family was pointed out to me, one member uses medicine which was important for us to be aware of, and of course their medical aid information, was given both to us and also to the hospital. I must say I was amazed at how well this system works. We were able to offer our complete professional service to stabilize the patients.” – Francois Hogan (Paarl Paramedics)
ARMBANDJIE RED HAAR LEWE
Vrydag, 23 Julie 2004 het vir Riana Mongie net soos enige ander Vrydag begin. Min het sy geweet dat dit ’n dag in haar lewe gaan wees wat sy nooit weer oor wil hê nie. Ongeveer 9:30 die oggend word sy oorval deur twee booswigte onder DF Malan rylaan waar die afrit met Staatsartillerieweg kruis. Die voertuig se venster word gebreek en Riana, wat ’n insulien afhanklike diabeet is, word aangerand en beroof. Sy verloor nie net duisende rande nie maar veg letterlik om haar lewe terwyl sy naarstiglik haarself met insulien spuit. Sy stop sowat 100 meter van die toneel waar ’n Metro Polisieman, Thinus Robbertse, haar te hulp snel. Hy merk die CrisisOnCall voertuigplakker en kyk onmiddellik vir ’n CrisisOnCall armbandjie. Hy skakel CrisisOnCall en binne minute is paramedici op die toneel. Haar naasbestaandes daag op en verseker dat haar voertuig veilig na haar huis geneem word. Intussen word Riana na ’n hospitaal afgevoer.
Riana het later die volgende gesê; “Toe ek by CrisisOnCall aangesluit het, het ek dit gedoen vir die veiligheid van my dogtertjie wat elke middag van die skool huis toe loop. Min het ek geweet dat dit vir my ook gaan werk. Ek wil net weer waardering uitspreek vir jou en jou span, die werk wat julle verrig betaal mens gewoonlik voor in ’n vyfster hotel. Ek kan nie glo dat daar nog sulke diens is nie. Dit maak een ding vir my duidelik en dit is dat julle regtig omgee en ’n verskil wil maak.”
BANDJIE RED PERSOON MET HARTAANVAL
Eerstens wil ek net baie baie dankie se vir die vinnige flinke diens tydens my hartaanval die 30ste Desember 2008 anderkant Brits. My familie en vriende wat saam met ons gekamp het waardeer dit baie. Ek het die nag om en by 3 uur die oggend wakker geword met ‘n pyn in my bors en kleedkamer toe gegaan. Die pyn het net erger geraak en ek het my vrou wakker gemaak. Ek kon nie asem kry nie en het al hoe meer benoud geword. Niemand het geweet wat om te doen nie en almal het begin paniekerig word want ons was ver van ‘n dokter en hulp. Ek kon nie praat nie maar het net aan my skoonseun my CrisisOnCall armbandjie gewys en aangedui hy moet bel. Ek kon nie veel onthou nie maar my skoonseun sê hulle het geskakel en my toe in die motor gelaai. Die ambulans het ons halfpad tussen Brits en die kamp gekry. Hulle het my oorgelaai in die ambulans en onmiddellik ‘n inspuiting gegee en deurgejaag na die Medi-Clinic in Brits. Ek het ‘n hartaanval gehad en is van daar oorgeplaas na Unitas Hospital in Centurion.
My seun sê dat as dit nie vir my CrisisOnCall bandjie was waar hulle die nommer kon kry en die hulp en ondersteuning wat CrisisOnCall gebied het nie, was die kans groot dat ek dit nie sou gemaak het nie. – Louis Cronje.
INLIGTING ALTYD BESKIKBAAR WANNEER DIE ONVOORSIENE GEBREUR
Op 3 Junie 2005, so ongeveer 19:30.
Die agtergrond – Ek is sewe maande swanger, my man is in die Drakensberge en net ek en my vier jarige seuntjie is by die huis. Ek kan onthou ek het die TV afgesit en om die koffietafel gestap. Die volgende oomblik het ek van my skoen afgetrap en my knie totaal ontwrig. Dit is geweldig pynlik en jy bly waar jy val. Ek het baie benoud en in pyn vir CrisisOnCall gebel. Leon het geantwoord. Dit was ongelooflik. Hy het my dadelik gerus gestel en verneem wat fout is. Nadat ek hom die situasie meegedeel het, het hy dadelik beheer van die situasie geneem. Hy het die ambulans gestuur en ‘n vriendin gebel om na my seuntjie om te sien. My vriendin en ER24 se ambulans het opgedaag en David en Janetta het my dadelik begin gemaklik maak en gehelp. By die hospitaal aangekom, het die hospitaalpersoneel my alreeds ingewag – my lêer reeds oopgemaak met al my besonderhede in.
Ek het tot vandag toe geen vorms ingevul nie!! Dit was wonderlik om te weet alles was reeds gereed vir my en almal het reeds van my toestand sowel as my allergieë geweet voor my aankoms.
BAIE DANKIE aan CrisisOnCall – die situasie kon so maklik anders uitgedraai het.
Liezel Martens
ATTEMPTED HIJACKING
“My parents were involved in an attempted hijacking on Thursday on the Krugersdorp Freeway near Diepsloot. They hit a stone which was on the left side of the road. Their car rolled and they and a colleague were seriously hurt. A Samaritan who saw it happen, stopped and contacted CrisisOnCall from the number on my dad’s armband. The emergency personnel were quick to arrive at the scene of the accident. CrisisOnCall phoned me as their next-of-kin, and asked me to meet them at the hospital. Once there the medical personnel told me how they were able to get all the necessary details from CrisisOnCall. The person who helped my parents was also there. He related that the police riot squad was also very quick to arrive, as well as ambulance and medical personnel.
My father’s colleague was not as fortunate. He was taken to a state hospital because they were apparently unable to locate either medical aid or relatives. All my parents’ possessions were gone and we can only assume that the potential hijackers stole everything before the Good Samaritan could stop.
Thank you CrisisOnCall. I myself have often had reason to make use of your services and I also persuaded my parents to join you about two years ago. People who think it unnecessary to join CrisisOnCall must think again.” (Translated)
(Submitted by Sandra Luyts)
KIND HELP ONDERWYSER
Ek beskou myself as die mees lojaalste lid van CrisisOnCall. Die middag van 2 Junie 2009 is ek besig om rugby af te rig by my skool. Dit was ongeveer 16:10. Omdat ek 'n vlak 3 noodhelper ook is ken ek die simptome van 'n hartaanval of soortgelyke situasies.
In 'n baie ontspanne luim gaan ek rustig voort om die seuns lekka moeg te maak toe ek skielik 'n pyn in die bors voel. Eers het ek gedink dit is maar net weer 'n wind wat vashaak.
Maar na 2-3 minute is die pyn nog steeds daar en ek begin duiselig voel en ook is die pyn besig om op te beweeg na my skouer en af in my linkerarm tot by my elmboog. Ook begin ek koue sweet kry en my mond is so droog soos die Saharawoestyn. Ek besef onmiddellik dat hier fout is en ek roep een van my mede-afrigters. (My mediese fondskaart is natuurlik nie byderhand nie.)
Hy bel dadelik CrisisOnCall van my bandjie. Gou word hy gerus gestel dat die ambulans oppad is. Toe ek weer sien staan daar 'n respons kar en 'n ambulans langs my op die rugbyveld. Die paramedikus het onmiddellik my op my naam genoem en met my gepraat asof ons mekaar jare lank ken. Sy was ook duidelik ingelig oor my medikasie, allergie en mediese kondisies. Gou het hulle my gerus gestel en gestabiliseer.
By die hospitaal aangekom moes my vrou slegs 'n vorm teken en ek word opgeneem. Die hospitaal het reeds al my mediese inligting van CrisisOnCall ontvang. Volgens die kardioloog was ek baie gelukkig dat, soos hy dit noem, dit 'n goeie waarskuwing was dat ek na my lewenstyl moet kyk en die stres verminder. Na vele toetse is ek twee dae later ontslaan.
Weer eens het CrisisOnCall hulle werk uitstekend gedoen, soos wat 'n mens van hulle gewoond is. Ek het so tussen deur gehoor dat iemand van CrisisOnCall ook gebel het om te hoor hoe dit gaan.
Elke slag as ek 'n advertensie oor die radio hoor van die of daardie bystand dan lag ek, want ek weet ek het die beste bystand wat 'n mens kan kry.
Weer eens baie dankie CrisisOnCall Martin Vrey
DIT GAAN NIE MET MY GEBEUR NIE
Dit gaan nie met ons gebeur nie. Hierdie gedagte was altyd in my kop maar ‘n vriendin oortuig my om tog maar by CrisisOnCall aan te sluit. Ek kry selfs my kinders, tieners, om die bandjies te dra.
Daardie Vrydagaand 27 November 2009 sal ek nooit vergeet nie. Ongeveer 23:00 lui my man se foon. Dit is ‘n stem uit die CrisisOnCall beheersentrum.
“Jou seun was betrokke in ‘n ernstige ongeluk op die N1”. Net toe ek wou histeries raak vra die persoon om met my te praat. Sy gee my die gerusstelling dat hoog opgeleide paramedici besig is om met Johan te werk. Hulle weet alles wat hulle moet weet van Johan en hy word na Wilgeheuwel Hospitaal geneem.
Ek en my man ry na die hospitaal en word gereeld op hoogte gehou. Later word ek direk met die paramedikus gekoppel want my senuwees is gedaan. Hy verseker my dat Johan kritiek maar stabiel is. “Wat beteken dit?” Die stem uit die sentrum neem oor en verduidelik. Daar sak ‘n kalmte oor my neer.
Sy bandjie het die praatwerk gedoen. Dankie Samantha dat jy ons van CrisisOnCall vertel het. – Louise Van wyk
SEUN ERNSTIG BESEER BY RUGBYWEDSTRYD
Ons doen gereeld mediese sportbystand by sportbyeenkomste. Vanoggend het ‘n seun, 14 jaar oud, wat by ‘n besoekende skool rugby gespeel het sy pelvis gebreek. Hierdie is ‘n baie ernstige besering en ons moes hom inderhaas na ‘n hospitaal afvoer waar hy behandeling kon kry. ‘n Privaat hospitaal is net om die draai van die skool.
Sy ouers was nie teenwoordig nie en die afrigter kon nie help met mediese inligting nie. Die seun kon wel sê dat hulle aan ‘n mediesefonds behoort. Gelukkig het hy sy blou CrisisOnCall armbandjie aan gehad en kon ons alles oor hom van die CrisisOnCall beheersentrum kry.
Ek as paramedikus haal nooit my CrisisOnCall bandjie af nie want ek sien gereeld hoe die bandjie ons help om lewensbelangrike inligting tydig te kry. Daar is ongelukkig meer gevalle waar kinders nie sulke bandjies dra nie en dan moet ons skarrel om die regte inligting te kry. Soms sonder sukses! Soos ons altyd sê, Tyd = Lewe. - Rudie Coetzee
SEUNTJIE KRY SEER EN MA IS HISTERIES
Johantjie was twee weke gelede by ‘n partytjie in Garsfontein waar hulle met hulle fietsies of skateboards kon ry. Ek wou nie hê hy moes gaan nie, maar hy wou vreeslik graag gaan. Ek gaan toe maar saam, en staan toe op die balkon saam met die ander mammas. Die kinders het lekker om die baan gery toe ek ‘n hengse slag hoor. Een van die Pappas het geskreeu: “Bel ‘n ambulans!!!” en toe ek omkyk, toe herken ek Johantjie net aan sy T-hemp. Hy was bedek met bloed, sy ogies, sy koppie, arms, selfs sy tekkies was dadelik vol bloed. Ek het net een skreeu gegee, en toe van die balkon af gespring om vinniger by hom te wees. Nodeloos om te sê, ek skeur toe al die ligamente in my voet, en ons is toe saam weg hospitaal toe. By die hospitaal is hy dadelik teater toe, en ek x-trale toe. Dit was die langste uur en ‘n half van my lewe! Ek het nie geweet hoe seer hy gekry het nie, maar geweet hy het vreeslik baie bloed verloor.
Ek, Willem, my ma en Johantjie het ons CrisisOnCall bandjies aangehad, maar ek was so buite myself dat ek dit nie eers ‘n gedagte gegee het nie. Eers toe ons by die hospitaal aankom, en ek besef ek het nie my handsak, my beursie, my mediese kaart, NIKS by my nie, en ek heel moedeloos voel omdat die mense my nie glo dat ek ‘n mediese fonds het nie, het een van die mense opgemerk: “Maar jy het dan ‘n CrisisOnCall bandjie aan! Bel hulle!” Die call centre was GREAT! Hulle het selfs die inligting vir Kloof deurgefaks.
Anél de Meyer
INLIGTING NAMENS LID BESKIKBAAR GESTEL AAN HOSPITAAL
Ek is al ‘n hele paar maande by CrisisOnCall. Met my Desember vakansie ongeluk, die leer het gegly en het na die geut gegryp en drie vingers lelik gesny ~ legemente af. Ek het CrisisOnCall gebel en was minder as ‘n uur daarna opgeneem in die Eugene Marais Hospitaal. CrisisOnCall het ‘n ambulans gestuur en het al my inligting (naam, mediese-fonds ens.) aan Eugene Marais Hospitaal gegee.
Michael
back to top
